Francis Galloway doen navorsing op die terrein van boekgeskiedenis en uitgeweryondersoek. Sy is die redakteur van die afdeling geesteswetenskappe van LitNet Akademies. Gedurende haar loopbaan was sy 'n dosent in Afrikaanse letterkunde en in uitgewerswese; 'n navorser van die Suid-Afrikaanse literatuursisteem en 'n akademiese uitgewer. Sy is die samesteller of skrywer van oorsigte en artikels oor die plaaslike boeklandskap.
Die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar Hanneke Benadé is gevra om 'n kunswerk vir die spesiale uitgawe van Vlam in die sneeu te skep. Sy het foto's van Brink en Jonker asook modelle vir die portret gebruik.

Benadé studeer skone kunste aan die Universiteit van Pretoria, waar sy deeltyds klasgee tussen 1994 en 1998.