'n Spesiale genommerde uitgawe van die publikasie Vlam in die sneeu: die liefdesbriewe van André P. Brink en Ingrid Jonker is nou beskikbaar by uitgesoekte boekwinkels landwyd. Kliek hier om jou kopie aanlyn te bestel.

Daar word slegs 1000 van die spesiale genommerde uitgawe in Afrikaans gedruk.

Dié weergawe word in 'n boekkoker met bykomende visuele materiaal uitgegee, met 'n kunswerk van Hanneke Benadé op die omslag.

Die boek sluit onbekende foto's uit André P. Brink se private versameling in, met 'n ekstra fotoseksie wat nie in die standaarduitgawe verskyn nie, onder meer onbekende persoonlike foto's van Ingrid Jonker.

Dit bevat 'n replika van 'n volledige brief van Ingrid Jonker in 'n koevert as insetsel.

TITEL Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P. Brink & Ingrid Jonker
FORMAAT Hardeband in 'n boekkoker
PRYS R1500.00
REDAKTEUR Francis Galloway
BESKIKBAAR November 2015
OMVANG 488 bladsye