Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker
'n telegram aan André P. Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en 'n brief wat hy aan haar besorg het.
In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die
twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding
in die Afrikaanse literêre geskiedenis. Jonker se finale brief
aan Brink is gedateer 18 April 1965 - drie maande voordat
sy die see in loop by Drieankerbaai.
'n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van dié teer, dikwels stormagtige verhouding.
TITEL Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P. Brink & Ingrid Jonker
ISBN 9781415208816
FORMAAT Hardeband met stofomslag
PRYS R350.00
REDAKTEUR Francis Galloway
BESKIKBAAR November 2015
OMVANG 472 bladsye